
WAAROM SPORE IN DIE SUID-KAAP?
- Flink en vriendelike diens. Net die beste is goed genoeg.
- Wil alle besoekers dit op 'n eerlike en opregte wyse as 'n onvergeetlike ervaring laat beleef.
- Die wye verskeidenheid kindervriendelike aktiwiteite oor die hele Suid-Kaap heen, bied werklik iets vir almal se behoeftes en smaak.
- Eie opvoedkundige agtergrond word deur ander opvoedkundiges gerugsteun.
- Alle programme is op die skoolkurrikulum gebaseer is dus opvoedkundig verantwoordbaar.
- Billike pryse met waarde vir jou geld.
- Moeite word gedoen om programme aan te pas sodat dit in die kliënt se spesifieke behoeftes sal voorsien en by sy begroting sal aanpas.
IETS OOR DIE TOEROPERATEUR EN EIENARES: LYNETTE MARAIS
- ‘n Vriendelike, eerlike en opregte mens met ‘n gemaklike geaardheid
- Om ander gelukkig te maak is ‘n lewensmissie
- Haar sterk onderwysagtergrond vind neerslag in haar programme
- Haar liefde vir mense, die natuur en reis bied aan haar ‘n onuitputlike bron van ervaring tot voordeel van ander.
- Haar liefde vir haar Skepper word in haar doen en late weerspieël.
Dit is soos ek Spore in die Suid-Kaap en die eienares, Lynette Marais beleef!
Flip Fourie
Opvoedkundige Konsultant en Adviseur
SPORE IN DIE SUID-KAAP
|